verlore dinge (silwer)
ongesiens tuimel die slagoffer
af teen die afgrond agter die kas
miskien een hop of twee
dan kom hy tot rus in ʼn hoekie
onbevlek deur lig maar begrawe
onder sedimente sluimerende stof
hier, in die domein van spinnekop en mier,
by donshasies en vermisde hoofpynpille
langs die lus van die ou laaikabel
styf teen die rant van ʼn vergete vyfrand
rus die bewoners vir ʼn fermata van weke of jare
in ʼn gleuf van vergetelheid
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek