Jongste aktiwiteit:

see-toe

ek droom van duine waarop ek staan
van digbegroeide bosse langs die see
rankplante en droë kreupelhout steë
waardeur ek golwe kan sien vergaan

van kronkelende paadjies en bos
waar kinders kan stap en verken
voëls en kekkelende patrys-hen
vanaand se geurige saam-eet kos

my hart staan stil van eerste blik
wanneer ek op ‘n duin gaan staan
agter aan blou lug hang die maan
ruk my siel terwyl ek saggies sluk

geluide wat stil raak voor die storm
golwe wat aangaan in hewige musiek
winde wat my muse prikkel in liriek
woorde wat saam wals en note vorm

droom van vakansie wat virewig duur
geen bekommernis oor waar jy krap
vreugde in elke dag se vrederyke stap
sonder dat ander mense na jou gluur

jaarlikse see-toe en terug is jou lied
waarin elke strofe vertel van die seën
son en see en branders wat nog dreun
terwyl jou hart alweer vet trane skiet

gebeur wonderwerke ook nog vandag
wanneer jy met wind en see ontwaak
as hartewense vergestalt voel jy naak
op duin se rug staan jy dan en bid sag

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak