vlietende oomblik van ouderdom
terwyl my brein nog wakker en helder sy dagtaak kan verrig die uitdagings die hoof kan bied kom jy opeens voor die vlietende oomblik waarin jy besef die oomblik is byna oor ou vriende reeds weg leef ek steeds vir oomblik van nou skiet dit ook so gou verby tel seëninge […]
Klein Gevegte
ń kalf storm holrug stamp teen materuier wat kos voorsien ń kind stem skree stamp teen materbors om honger pyne te verlig ek soek na vredematers maar ń vredemaker het min maters
Verlore Pakkies
gene word noukeurig geskommel dan verpak in kuber yspakkies met kosmos verwysingspunte vir ń individuele lewe elke pakkie is herkoms gemerk sonder erg aan hul toekoms en nog minder belang in hul hoekoms so wag 7,9 biljoen* pakkies elkeen is met identiteit gestreep almal is reis gereed van hier na waar? * 7.9 Billion (2022) […]
Magtige dreuning
Magtige dreuning Brons afdeling Hoor jy die magtige dreuning weerlig wat hard ree”n aankondig ons dank God vir ondersteuning die riviere praat mondig waterfors met volle mag meer Ree”n gee krag wat voort stoom strate word riviere prag stroompies nou met bome wat oorloop dankbaar staan boer op sy plaas dominee bel […]
Eish ja… met ys
Eish ja…met ys As al onse riviere Net skoon water was Wie sou dan ooit siek wees… As al onse lande Net water kon hê Wie sou dan hongerly vrees? Ons damme is vol maar ons krane bly leeg. Die hemele huil en die aarde beweeg En dan wonder ons nog… Eish… ja… met ys…
Bloekom Bestaan
onaantasbare mis vervorm in reën strome as uitgrawer masjiene wat berge versit bloekomsaad versag in dié miswater en groen boompies skiet op wat klou aan die nuwe grond ontelbaar staan die stamme trots in wit en swart ń wêreld is vol bloekoms © Koos Elsum
Watermerk (goud)
Hoog bo seevlak waar windstrepe dwaal,saam met die lied van Moeder Aarde se verhaalval ‘n stroom dreunend uit klip se mondspoel van rots tot rots, bruis dit tot teen die grond. Ek sit op die rivierbank met my tone in die nat sand,kyk hoe riete buig in haar silwer hand. Jy het vir my vertel […]
in skaduwees
skielik in donker nag kouekoors van ontsteking wat vuurrooi brand en mergelend liggaam laat skud van pyn groeiiende strepe pyn wat deur maagspiere lem asof snitte van vlymskerp mes elke koord verblindend hef in skadu van ICU gebrabbel-taal van medici naalde oral in are wat wil wegkruip wat priemende steke wil […]
Ben en Generaal Brul.
Klein Ben was ses jaar oud en vol lewe. Hy was ’n baie brawe seuntjie – behalwe as dit by die plaasdam kom. Die dam was groot, omring deur hoë riete wat in die wind gesuis het. Vir meeste kinders was dit die ideale plek om in die somer se hitte af te koel, met […]