
Watermerk (goud)
Hoog bo seevlak waar windstrepe dwaal,
saam met die lied van Moeder Aarde se verhaal
val ‘n stroom dreunend uit klip se mond
spoel van rots tot rots, bruis dit tot teen die grond.
saam met die lied van Moeder Aarde se verhaal
val ‘n stroom dreunend uit klip se mond
spoel van rots tot rots, bruis dit tot teen die grond.
Ek sit op die rivierbank met my tone in die nat sand,
kyk hoe riete buig in haar silwer hand.
kyk hoe riete buig in haar silwer hand.
Jy het vir my vertel dat tyd saam met ons sal vergaan,
miskien het ek jou net verkeerd verstaan.
miskien het ek jou net verkeerd verstaan.
Want hierdie rimpels rol soos sagte sinne,
van ver daar buite tot in hierdie blou oseaan
waar golwe skuimend in breë lyne dans
tot hul op die strand breek
in duisende druppels wat sing:
van ver daar buite tot in hierdie blou oseaan
waar golwe skuimend in breë lyne dans
tot hul op die strand breek
in duisende druppels wat sing:
“Ek was hier om te bly.”
© 02/2025 Caren Kearley
FB – Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek