Watermerk (goud)
saam met die lied van Moeder Aarde se verhaal
val ‘n stroom dreunend uit klip se mond
spoel van rots tot rots, bruis dit tot teen die grond.
kyk hoe riete buig in haar silwer hand.
miskien het ek jou net verkeerd verstaan.
van ver daar buite tot in hierdie blou oseaan
waar golwe skuimend in breë lyne dans
tot hul op die strand breek
in duisende druppels wat sing:
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek