
in skaduwees
skielik in donker nag
kouekoors van ontsteking
wat vuurrooi brand en mergelend
liggaam laat skud van pyn
groeiiende strepe pyn
wat deur maagspiere lem
asof snitte van vlymskerp mes
elke koord verblindend hef
in skadu van ICU
gebrabbel-taal van medici
naalde oral in are wat wil wegkruip
wat priemende steke wil vermy
salige stilte van verdowing
ruwe ontwaking as dit vervaag
vrae en nogeens vrae oor hoekom
hoekom nou so onverwags
wasige herinneringe
wat soos skimme kom en gaan
gesigte wat ernstig probeer glimlag
kop optel en moed wil bring
dan die skaduwees
van stemme en skimme
verby snellende geeste
vertel maar niks sê
heel later die wete
ek is nog hier en wel
voor dood my kon steel
liggaam sal herstel
dankbaarheid in nat
trane wat skaduwees
soos diamante verlig
nag in sonlig inkleur
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.