liefde, lowe, lawe
die lewe skuif
soos wolkies oor my duin
die tyd van liefde en ontdekking
kom weer nader vir die jeug
wanneer hul loslit kom
om lywe nat te maak
in die grote see
deesdae is liefde
soos ‘n magneet met pole
wat soms liefhet en soms haat
jongmense raak verlief en laf ook
om dikwels seer te kry – te treur
as die liefde hou word ge-lowe
as dit breek word gelawe
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.