skrywers-vryheid
skrywers-vryheid
as ek wil skryf of dig moet
ek doen soos die reëls sê
streng volgens voorskrif
of onkonvensioneel:
vrye vers vrye teuels
maar tog ook met reëls
in die geen-reëls sone
hoe dit ook al sy
soms borrel my woorde
soos wilde perde
oor ope velde
met die wind in my hare
en die aarde wat verby gly
onder die vleuels van
my hartsgedagtes
so kyk ek na die prentjies
geteken in wit watte wolke
en onthou ma Fonna se woorde:
vlieg hoog my liefste kind
en laat geen een jou stop
om jou drome te gaan haal
en so die beste JY te wees
©Marlene Erasmus
28/10/2020
*internet illustrasie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.