Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Immergroen

jou omgee versprei
soet soos die reuk
van ‘n yesterday, today and tomorrow
tussen jou hartsmense
waar jou koestering
menigte harte
se honger stil

jou gebede verfris
nes die eerste lentereën
na ‘n lang droë winter
en jou tuiste bied
‘n lafenis
vir ‘n dorstige siel

“and honey, your soul
could never grow old,
It’s evergreen”
die herinneringe
wat jy agterlaat
sal ons ewig bybly
want jou liefde
is immergroen
dis vir vandag,
môre
en vir altyd
tot ons mekaar
weer eendag sien

rus sag

©Jessica Venter
09/10/2020
*Interteks – Uit Ed Sheeran se liedjie, Thinking out loud




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed