Jongste aktiwiteit:

taktvol

om taktvolle besluite te kan neem
is nie altyd so maklik nie
mens se emosies
kan jou soms
in die steek
laat

my duin lê stil en bak in warm son
soms oorweldig die wind
my hele siel se rus
met vlieënde
projektiele
gruis

om takties aan te val of retireer
‘n besondere militêre begrip
kos tyd en baie ervaring
min beskik oor vermoë
om sulke besluite
te kan neem

so is min mense se taal taktvol
wanneer hul oor ander praat
‘n skinder woordjie of twee
kan baie ongelukkigheid
daaroor laat ontstaan
selfs oorlog ook

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed