Jongste aktiwiteit:

vlietende oomblik van ouderdom

 

 

terwyl my brein

nog wakker en helder

sy dagtaak kan verrig

die uitdagings die hoof

kan bied

 

kom jy opeens

voor die vlietende

oomblik waarin jy besef

die oomblik is byna oor

ou vriende reeds weg

 

leef ek steeds

vir oomblik van nou

skiet dit ook so gou verby

tel seëninge een vir een

wat nat trane verdof

 

sien my verimpelde oë

onbekende wêreld om my

wat verby my waai en ruis

sonder woorde van groet

of liefde so soet

 

dan weet ek tog

niks was verniet nie

alles is in bloed gekoop

van my Meester

se offer

 

© Tearlach.

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed