Die sout in haar trane Goud
Ek is net n ma
Ek skuil in die diepte van jou bitter hart
voel die seer van
verwerpte smart
Ek tuimel oor die afgrond
van jou donker gat
totdat my asem opraak
en my hart aan skerwe spat
Ek verdrink in jou trane
van opgee (van moedverloor)
wanneer die lewe se wreed jou stadig versmoor
Ek is net n ma
wat jou seer wil dra
kan ek maar my oë sluit
wegsmelt in vergetelheid
want Ek,
ek is net n ma
@Amanda 2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek