Paasnaweek
mevrou het jy ‘n klein grys kat
hier lê een in die pad
ag nee, ag nee, ag nee
plat gesmeer
gebroke liggaam
kleinste jongste seun
nou straatligstatistiek
jammer, jammer, jammer
voel buurman oor die straat
hy’t net so weggejaag
skryn buurvrou langsaan kwaad
hou vir my die swart sak oop
sê ‘n vriend en bring ‘n graaf
hoekom hy was so klein
wyl my kind ‘n kransie maak
ek lig die warm vleis en bloed
my hande nat en taai
sak en lyfie in die donker
in sy tuingraf toegedraai
Vrydag in die kerk
gebruik ons wyn en brood
en pyn en pyn en pyn
maar ons bitter beker
mikroskopies in die meesterplan
van ‘n Vaderslam
en die hele ondermaan
Charleine Olivier © 20 April 2019
(9 Nov. 2000)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Ai toggie, dis hartseer!