Titel: Verlore Pakkies
Deur Koos Elsum

7,9 biljoen* pakkies gereed
geweeg gemeet gesak
met identiteit gestreep
almal reis gereed
van hier na daar
pakkies elkeen persoonlik gemerk
lê in stilstuipe sapiens hope
sonder erg aan herkoms
en geen belang
in hoekoms
genepakkie stamkodes
swart strepies, telefoon, ID nommer
net rigting wysers
in die enorme datawarboel
van ons meskien bestaan
individuele gene skommel
in kuberruimte hang dié nuwe pakkie
ingekerf met kosmos ligpunte
as verwysing kode
na ń ewige lewe
* 7.9 Billion (2022)
The term “World Population” refers to the human population (the total number of humans currently living) of the world.
https://www.worldometers.info
Bjorn Inglish
huge concept, more to come on this theme?
Koos Elsum
Ja nee dit laat my baie dink oor wat die duiwel is al die lawaai oor…