
Outyds, Modern
Outyds, Modern? (Satire)
Wat ons vroeër gedink het is reg
is nou nie meer heeltemal reg of
bloot nie in maar merkwaardig aanvaarbaar
indien nie té motgevreet oud aan norme gemeet—
Wat ons gedink het is verkeerd sê hulle nou uitgeleerd
bog, dis nou die inding as jy wil meeding met
al die know hows en goedkeurende wows—
Oor uitgediende taboes wik en weeg jy tong in die kies
is dit reg of is dit nie en blyk dit outyds onkundig
is dit onder ‘n ander etiket net subtieler gedoen—
Modes verander oënskynlik alklaps van jaar tot jaar
maar wees net uitgeslape skrander alles is tydelik
want in word uit en uit eindlik weer in en
vice versa maak alles dalk tog uiteindelik sin—
Janetta – Helena (Babs) ©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
tannie Babs jy beskryf die mode so perfek!!! Pragtige gedig