
‘n ALKOLIS SE VERNOOT
Ek sit hom op die gewonde toonbank neer
hy is leeg net soos ek
die bottel met sy goue tuitmond glimlag
getooi in sy judas doodsjas
en ek sit hier en klou aan die toonbank
waar ‘n ou ‘n asbakkie mis as
en musiek speel en almal lag
Ek kyk na my hande
oud en seer van lewensrommel optel
die verbleikte gryskop beeld vanuit die spiëel
agter die rye bottels teen die muur
en die verdwaalkyk in sy oë
na gister se natvoet hardloop
en Sara se kwaai roep as ek kaalgat
tussen Ma se Namakwalandse blomme dans
en ek met koud-nat voete
skaam-skaam by haar kliphuisie
gaan liefde vra
Gee my nog ‘n een
hierdie een is leeg
Sara is weg en die plaas staan leeg
gee my nog ‘n bier
ek loop ek ry nie
ek sit net hier
en hardloop in my geestesoog
na Sara se kliphuisie en ma se Namakwalandse blomme
terwyl die bottel met sy goue tuitmond glimlag
my laat verdwaal terwyl ek vasklou
aan die toonbank
waar ‘n ou ‘n asbakkie mis bly as
3 Kommentare
-
Anze
sjoe hierdie gedig vertel vir my van n baie seer lewe....
-
Janetta-Helena Boonzaaier
Ai, Louie, en die blomme staan dan so mooi, waarom sal die man nou so dop steek, en nou is Sara ook weg, en dit het y nou daarvan, die plaas is leeg sonder haar! Jy het die alkoholis dronkverdriet goed beskrywe! Daardie Namakwalandse pragtige blomme-see ken ek baie goed!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Ja, ek hou hiervan. Die terugverlang na eenvoud en onskuld. Baie goed gedoen :-)