Jongste aktiwiteit:

Februarie 2025 – WATER projek

Beste INKers

Hierdie maand ondersoek ons die tema: “Water”

Ek is seker almal is reeds vertroud met die nuwe struktuur van die maandelikse projekte. Die enigste twee groot veranderinge is dat Menings, Artikels en Rubrieke nou onder een sambreel sal resorteer. Hierdie kategorie staan as “Prosa” bekend, maar jy mag steeds ingeskryf onder welke genre jou geval.

Verder, verander die VERHALE kategorie deur Vervolgverhale in te sluit. Lees gerus die reëls deur die skakel te volg: https://ink.org.za/kategorie/projekte/januarie-2025-oop-projek/

Projek: Water

GEDIGTE:

  1.  Nie meer as 16 reëls nie;
  2.  Jou titel mag nie “water” wees nie;
  3.  Die tema is “water” en jy mag dit op enige manier interpreteer;
  4.  Poog om `n nuutskepping in te sluit;
  5.  Jou vers moet `n funksionele rympatroon hê;

PROSA:

  1.  Woordtelling: Nie meer as 800 woorde nie;
  2.  Tema: water
  3.  Jy mag die tema op enige manier interpreteer;
  4.  Let op konstruksie, woordorde en -keuse, spelling en aanbieding;

VERHALE:

  1.  Woordtelling: Nie meer as 1200 woorde nie;
  2.  Tema: water
  3.  Jy mag die tema op enige manier interpreteer;
  4.  Let op karakterontwikkeling, volgbare storielyn, spelling en konstruksie;

VERVOLGVERHALE:

  1.  Geen woordtelling voorskrifte;
  2.  Jy mag slegs 2 hoofstukke per projeksiklus plaas;
  3.  Jy moet die Hoofstuk nommer in hakies langs jou titel te.plaas;
  4.  Vervolgverhale is nie onderhewig aan enige projektema nie;
  5.  Jou hele vervolgverhaal moet in die beoordelings periode geplaas word indien jy vir die galatoekennings wil kwalifiseer. (1 September – 31 Augustus)

Vir enige navrae kontak die moderator op inkmoderator@gmail.com.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed