Die windpomp het gedraai (Goud)
daar staan ‘n windpomp in die son waar net die wind by hom kan kom soos hy uitkyk oor die skade sien hy die akkergrond wat kraak waar die gras se worteldrade met laaste vasklouhande ‘n sug van opgee slaak daar lê ‘n droë dam aan sy voete sy slik gekors en braak en soos […]
Vrees
Vrees Anderdagmiddag staan ek buite, arms slap oor die draad, en kyk na ’n enkele hardegat wolkie wat fluks blits en in ’n dun gordyntjie uitsak. Sommer so op sy eie, maar hy sak iewers elders uit. Nie op ons plaas nie. Net ’n los wolk wat besluit het dis hier en nou waar ek […]
woestynreën (goud)
woestynreën ’n brandende begeerte skroei verassend met diepe versugting na onverdiende seën om desperaatheid wat volkome verswelg stadig liefdadig weg te reën lig en lekker loop hand aan hand as ’n syferfontein helder skyn en met blymoedigheid in harte geplant samba siele saam en onrus kwyn van stof tot modder, vrees tot fees kom asem […]
As die berge roep
Lente skrik wakker. ‘n Korset van onheil druk om haar bors, kompleet asof sy weer gedroom het. In die donker gloei 05:00 rooi op die bedkassie. Onverwags vul die Groot Mars uit Aida die slaapkamer. Dawie se slaperige stem beëindig die musiekuitvoering. “Waar? … Waar’s jy nou? … Ek kom dadelik!” Tussendeur hoor Lente […]
God Loop Op Water
God Loop Op Water. (BRONS) *Rudolf en *Camilla loop deur die vakansie oord. Toe hulle verby die swembad loop speel-stoei hulle en Rudolf stamp haar per ongeluk aspris in die diep kant van die swembad. Hy staan en skaterlag. “Sy skop-skiet na bo. Is jy simpel? As jy dit ooit weer doen,” sis-gil sy […]
Lafenis resep
Aqua strome vloei so helder en vry dit buig en kronkel om elke rots en klip dit word nie gebreek deur stryd of pyn maar hou sy koers met wyse begrip oseane volg die maan se oeroue gees dit kom en gaan sonder om te verstil dit word nie gekeer deur angs of vrees […]
As dit reën in die Boland
Bo teen die hang wou immergroen al die proteas oopbek soen, bloekombos het die diens gehou toe bergwater met spoelklip trou, haar ruiker was van aronskelk aristokraties, wit soos melk, fynbos, die plaas se kaalvoetkind het heide om haar heupe gebind en gereëndans met die westewind In die boord het pruimedant en appelkoos rooihakskeen oor […]
gantang
kadawer van verse doekvoet saggies om en om skerp geluide van doedelsak wat vêr blêr soms gantang leser die ontong weeg en ontweeg dit as snert of blèrt © Tearlach. gantang gantang [inhoudsmaat]. Maleis gantang. Ontong (-en), (w.g.) kwade tong, lastertong. kadawer dooie liggaam, lyk; studie¬onderwerp. doekvoet haas. doedelsak Skotse blaasinstrument. Maniakaal Maniakaal is […]
Huise
die boesman stof gat ń bed van sand gekussing met klip word verwarm in laat middagson en koue word met saam dans verjaag die sandsteen grot ń stil uitgekapte tuiste in woestyn winterwind die dak is swart gebrand en een vuur verjaag die koue velle en matte dakke maak ronde mure oor latte teen die […]
Vloermoere
Vloermoere Ek kan lekker vloermoer (mooi Afrikaans vir tantrum)as ek die dag daartoe gedryf word. Gelukkig is dit nie soos ‘n tweejarige nie, want dan sal ek met harsingskudding en ‘n gebreekte been of twee moet hospitaal toe gaan. Op veertig vat die bene bietjie langer om weer heel te word. Nee, ek tjank, wat […]