
Huise
die boesman stof gat
ń bed van sand
gekussing met klip
word verwarm in laat middagson
en koue word met saam dans verjaag
die sandsteen grot
ń stil uitgekapte tuiste
in woestyn winterwind
die dak is swart gebrand
en een vuur verjaag die koue
velle en matte dakke
maak ronde mure oor latte
teen die yskoue buite
dié mense is sonder binnemure
saamgebondel om een klein stoof
gebrande harde sand
vorm nou moderne huise uit stene
die koue weer baklei om hoeke
en die mense skuil alleen
in vele vierkante kamers
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.