VERHEMELDE KANSE (goud)
maar ek moes kliphard lag toe hy kaalgat in die plaasdam spring.
“Die water is heerlik en die hemel is blou. Is jy ook lus vir swem?”
Hoe kon ek myself van so ‘n oomblik weerhou?
het die water gejabbel saam met Kolganse
die blou berge het verstom na ons gestaar,
asof hulle nog nooit tevore
die lewe só onbevlek gesien het nie.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek