
Spoelsand (Goud)
soos golwe wat voor die kuslyn dein
en bruisend oor die skulpiesand breek
spoel liefde ook oor die hart;
nie soos borrelbranders
oor ‘n strand se speelkant nie
maar, soos spoelsand wat vergiet
en na ‘n duisend jare heen
digteen die siel
se broosblou binnewand
tot kwartsiet
v-e-r-s-t-e-e-n
Neologisme: borrelbranders = bruisende branders
broosblou = seer+gekneus
©Loretta Szikra
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek