Jongste aktiwiteit:

Die windpomp het gedraai (Goud)

daar staan ‘n windpomp in die son
waar net die wind by hom kan kom
soos hy uitkyk oor die skade
sien hy die akkergrond wat kraak
waar die gras se worteldrade
met laaste vasklouhande
‘n sug van opgee slaak

daar lê ‘n droë dam aan sy voete
sy slik gekors en braak
en soos ‘n plooigesig se lyne
in die klougreep van die tyd
staan hy met verwagting
half wakend in die maanlig
nes ‘n ou gevalle draak

en hy’t onthou …

daar was water
daar was wind
wat eens toe als nog goed was
ver in die vergiet
die droogtegrond sou lawe
en genade sou ontbind

deur sy sluier se gekreun
tjank daar ‘n jakkals voor die maan
hy hef ‘n klaaglied op
oor die vogtelose aarde
wat die laaste stukkie uithou
vasknel in sy greep
en in ‘n doodsheid laat vergaan

toe het die Piet-my-vrou geroep
uit die niet het hy gekom
en as reënprofeet verskyn
en deur die eggo van sy fluit
blits die weerlig silwerwit
verblindend in sy skrede
op die horison se lyn

en hy’t geweet …

daar’s weer water
daar’s weer wind
ja die walle loop weer oor
die velde staan weer wuiwend
tintelend tevrede
laggend soos ‘n kind

Andries Fourie
(Seirdna)
24.02.2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed