Lafenis resep
Aqua strome vloei so helder en vry
dit buig en kronkel om elke rots en klip
dit word nie gebreek deur stryd of pyn
maar hou sy koers met wyse begrip
oseane volg die maan se oeroue gees
dit kom en gaan sonder om te verstil
dit word nie gekeer deur angs of vrees
maar volg die natuur se skepping wil
trane reën teen sagte vlees na benede
dit spiegel en drup oor swyende gevoelente
dit word nie gestop deur vrede of vreugde
maar voed elke smagtende se droogte
omhels elke storm wat sig versper …
druppel vir druppel word alles ryper
Voetnota
Neologisme: spiegel; oë wat trane spuug.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek