Die noodsleutel
Die spaarsleutel Ná tien jaar op die tiende vloer merk Elsa haar laaste boks: VERSEKERING EN WAARBORGE en skryf Ben se naam bo-op. Dis ’n grappie wat sy later vir hom sal vertel. Rina staan in die oop deur, die spaarsleutel aan haar wysvinger gehaak. “Ek wou net seker maak jy gee by die nuwe […]
Kon hy maar net harte lap
Kon hy maar net harte lap … Hy is stil voor sy masjien … korrel die gare deur die oog van ’n naald. Sy snor is opgewen. Oor sy bril se rand doen hy sy bes om klere weer te lap. Hy werk vir dié wie se geld opraak, lap ou klere […]
Dewet se wet
Dewet se wet Van ver af staan die man al uit. Bofbalpet, kruisbande en ou kakiehemp. Sy horlosie staan vas in jare terug, sy lewe loop al reeds in die nuwe tyd. Broeke sonder belde, stukkend is die nuwe mode. Hare half gekam is die plek waar sy ouderdom eintlik hoort. […]
Tetractys
Op ‘n saterdag presies om ses is jou sabbatsreis voltooi Oktober ‘n dekade terug is nou personthou*… verbleikte vrae 1+0 *personthou – herinneringe van Oktober in Pretoria wanneer die Jakarandabome blom
opgewonde
soos ‘n veer opgewen om teenprestasie te lewer draai styf die sleutel sodat karretjie kan baljaar draai styf die tou sodat die tol kan draai wen jouself styf op sodat jy uitdagings oorkom innerlike spanning wat te lank opgewen bly sonder uitlaatklep en ontspan is egter kontraproduktief-skadelik, gesonde, gebalanseerde paraatheid gereedheid, senuagtigheid geestelik […]
Bella Donna
Bella Donna© Bella Donna, lelie van die laatsomer, kastanjetklokkies in karmynrooi, jou groen, blaarlose stam, ‘n stingelfluit. Bella Donna, jy maak van my ‘n dromer as jy jou ook in sneeuwit en rosepienk tooi. Amaryllis roep haar skape steeds luid. Bella Donna, jy is die naakte dame sonder Eva se blare wanneer jy verskyn, want […]
Hier alleen
Hier alleen© My drome gedagtes het my ingehaal, sosiaal het ek heeltemal afgedwaal. Ek met my kitaar, maar niks om te sing, hier op ‘n bushalte, deur nêrens omring. In die geraas van ander het ek gedroom, soms in ‘n klas of onder ‘n groot boom, maar nou is dit net ek en my kitaar, […]
dobbelsteen van volmaaktheid Goud
Ek huiwer aan die begin van nuut, my lewe volmaak voltooid, gister is slegs ‘n skim, ‘n dowwe glinster op die horison ek draai my rug op die onheilsgryns en gryp die uitgesteekte hand, in die krombak daarvan ‘n stel van twee, die toekoms gooi sy dobbelsteen en laat dit tuimel in ‘n volmaakte […]
en toe.. vandag..
eers was daar net ‘n vaalseun stil teruggetrokke dromer altyd te jonk vir tyd maar tyd het ook sy tyd vandag is hy mondig nie meer te jonk minder lewe as tyd maar baie tyd vir drome oor wie, en wat, en waarom bly hy steeds net ’n vaalseun © Tearlach. […]