Dagdroom
dagdroom ek droom die oggende in fyn glasies uit, in lou, vergete tee wat reeds ‘n skif vorm aan die kant van die koppie waar gister nog sy vingerafdruk kom los het ek meet die lewe in verslete skofte: lig skynsel van ‘n motor teen die gordyn, die yskas se sagte, droewe geluid, die […]
Jy het my raak gesien
Jy het my raak gesien … In my eie wêreld, tussen hoë mure gebou, lewe ek veilig om my vrede te behou. Met swaard en spies het ek alles wat vreemd is uitgehou. Jy kom dwaal voor in my tuin, ek was bang, hoe gaan ek jou hier weg kry? Soos […]
daeraad
op die rand van dageraad sak die Maan agter die westerkim terwyl die kragtige oranje Son verskyn sy majestueuse rooi en wit strale versprei deur miswolke en dik wolke verby verhelder dit die hemelruim in kakofonie van helder ligskakkerings van elke kleur ontplof oor elke skaduwee verdwerg elke duister hoekie in Kaleidoskoop van […]
Sy is vrou
Sy is vrou Van kleins af word sy geleer hoe om te sit of staan, hoe om reg te lag en die afvee van haar traan. Ouer geword, altyd netjies op jouself. Hare word gedoen, bene kaal geskeer. Gesig word ingekleur. Die beste moet sy wees, titel vrou moet sy dra en […]
Om te glo maar nie te sien nie
“Ses …, sewe …, agt …, nege …,” tel Ben die vloere af vanuit die reghoekige donker hokkie wat stadig na bo beweeg. Die ou hysbak ruk eers tot stilstand en “ping” dan dofweg voordat die deure kreunend oopskuif. Ben gee ‘n tree vorentoe om op die dak uit te klim. “Waar … is die […]
‘n Tweede kans 320 woorde Goud klas
Tweede kans Daar is ‘n ou gesegde wat lui “skoolliefde roes nooit”. Dalk steek daar tog ‘n greintjie waarheid hierin. Ek en jy. Jong volwassenes. Op die randjie van grootmens wees. Ek, dalk nog ‘n bietjie tiener en vol giggels. Jy was my blondekop soldaat. Fier en regop, so aantreklik met jou blonde kuif en […]
Klippe oor die berg
Klippe oor die berg … Sou die lewenspad maar net reguit wees sonder kronkels, afdraaie en tonnels. Berg en dal raak môre iewers weg. Berge lê voor met wolwe en drake wat my wil vermoor, my self op die pad laat verloor. Swaar klippe lê langs die pad, party laat my struikel, […]
Twee liggies
Twee liggies Die donker draai om my. Waar slaap die maan dat selfs hy nie wil skyn nie? Sterre kruip weg agter wolke sonder reën. Goggas begin te byt, voel soos die mense in die lewe se grootste stryd … Ver hang twee liggies, ek stap nader om die lig te bekyk. […]
verlorenes
wanneer is jy verlore jy voel jy sak weg, verdrink elke nuwe uitdaging raak teveel nuwe dinge wat jou kop laat draai alles gaan oor menslike prestasie as jy nie kan wen nie is jy verlore vergeet jy die klein dingetjies wat by jou verbyglip die klein suksesse negeer jy hul plek in […]