Jongste aktiwiteit:

winter-vuur

winter-vuur

vlamme krul knetter
rondomtalie om
nat hout se bas
vlam vat
kry nie
houvas

rookies-
ruk
draai-
dartel
in
‘n
kring

tot vlamme
die hout begin oorwin
in ‘n pragtige
pers, oranje en geel
uit die hout opspring

‘n warm sprokie
tot skadu’s speel
teen die muur
prentjies voltooi
in pers-oranje-rooi

laaste vlammetjies
word stil weggevee
ek het my en jou
vir gister gegee

Laetitia©




Ek doen verpleging in psigiatrie as werk en is ‘n dromer wat graag dig en skryf.. maar nooit gedink enige iemand sal dit ooit raaklees... nou gryp elk elke geleentheid aan.. en geniet dit om met woorde te speel

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed