
Wat is kuns?
Kuns is klank
klank wat skreeu
skreeu blou-rou-skarlaken moord
dit is ‘n dolk
diep in jou
wat uit jou bloei
so ‘n unieke noot
melodies,droef, moedeloos
oor n doek
‘n kreet losbreek
vry sonder verskoning
dit is ‘n kwas
‘n leë bladsy
‘n vergrootglas-oog
‘n seë-kastaiing
‘n vissersmansboot
‘n blou of swartpen spook
Monochroom-monochromaties
laat nag Eureka’s
Kuns is ‘n sprankel-dood
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.