Jongste aktiwiteit:

Inkstroop

Binne die kwes
van ‘n krioelbroei pen,
is my inkstroop die
sap
wat jou dors lees
in die tint
van woordtalent.

en soos die oogbal
oople
in die oorsprong van
my woorde,
word my inkstroop
oksaalsuur
op geribte skryfpapier.

tog sal my letters
weer lewe
al raak in op –
en kry huil troostende
harmonie
in jou hart se
hemelblou.

tot…

my woorde w(ee)r
toekurk
met seerskipbreuke
in die bloubranders
van vereete pyn.

©Zebulon Kochk
Konnichiwa Gedigte
29 Julie 2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed