
Albeenwoorde
Soos die triomftog
van my botoonwoorde
oor die hartseer van
jou hart oorheers,
wydvertak ek in jou
binnekamers
verskuns se (al)benige
liefde.
Minneloos swem
smaakgevoelens uit
my siel
kwinkelend; tot binne jou van
verering
waar my woordfiktiewe pen,
liefde tipeer wat
uitveers nie kan
verwyder nie.-
©Zebulon Kochk
Konnichiwa Gedigte
25 Julie 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.