Die rugby afrigter
Die rugby afrigter met bewende hande en ‘n knop in sy keel stap hy voor die skare verby wyl stemme van steun en joue van jeen op die winterwindjie ry uit vertroue van vuur in die volgende uur en ‘n blinde geloof in die span dui sy stap op sy sekerheid en ondeurdringbare wedstrydplan sy […]
DIE MUUR.
Man en Vrou en baie ander mense woon langs ’n baie hoë muur. Hulle kan hoor hoe lag en gesels mense aan die anderkant. Soms is dit tjoepstil. So stil dat jy die bye hoor zoem en die krieke hoor kriek-kriek. Hulle weet dat die ware lewe aan die ander kant lê. Hulle was eens […]
aura
uit die aorta van sy hart skyn daar lig wat onsigbaar skyn diep uit lewens stroom van sy lewe skyn daar wit ligstrale wat flitsend leef soos stralekrans om sy liggaam beef magnetiese gevoel van sagte krag wat sy pad verlig en uitsaai van wie hy kan wees en is lig bestraal wandel hy tussen […]
Die Hoender-meisie van Nooitgedacht
Daar is duisende kilometers se grondpad in Suid-Afrika waar geen mens ooit ry tensy jy daar moet ry nie. Een so pad is die pad tussen Warmbad en Nooitgedacht. Daar het ‘n paartjie Oom Drik (uitgespreek Dirk, maar gespel Drik, oorlat sy Pa disleksies was) en Ta’ Alie ‘n plaas gehad. (Nie Tant Alie van […]
Die Mis (silwer)
Dit het ons drie dae geduur voordat ons vorms in die mis begin sien het. Alhoewel ek die ander met toorkrag aan my vasgemaak kon voel, kon ek hulle nie sien nie; selfs my eie hande was ‘n wasige gemors – my oë help my glad nie. Die mis het op ons neergedaal die oomblik […]
Drake Plaag (Silwer)
‘Skraap dit af voordat jy die mat vlek!’ skree Marge terwyl Red grot binnekom. ‘Jig! Jy kan nie deur die bos loop sonder om in draakmis te trap nie. Het jy al iets omtrent die plaag gedoen?’ Hy skud sy kop en haal sy hoed af. ‘Duidelik nie, of my gunsteling skoene nie nou so […]
Die een wat weggekom het (silwer)
‘Ek vra nie dat jy my vlei nie.’ Ek kyk na die nuutste lid van my span deur vernoude oë. ‘Ek verwag egter dat jy my moet gehoorsaam.’ Ek sien hoe hy sluk, hoewel hy dit probeer wegsteek. Die kamer is stil, asof dit wag vir iets om te gebeur. Kerse flikker in die briesie […]
Kook en geniet
Nog regte ergte boerebeskuit uit ouma se kombuis die heerlikste mosbolletjies en karringmelk skons Piesang muffins met ‘n knippie neutmuskaat wat mens nooit in die steek laat en roosterkoek wat buite bak op die kole Gemmerbier, vetkoeke met rosyne al die watertand lekker resepte ‘n onthou in lank terug se reis
Die langpad
Om te sit en pik aan ‘n leë-bord is soos ‘n kinkel in die kabel as moegheid jou oorlê sout aan jou rowe-sméér pynig ‘n leë-hart Pak jy renons teen die ingehoktheid van beton, betogings en opgehoopte kiste tot waar tyd geen gang het en in stilte swei Hier pak vrede die son waar Aalwyn […]