
Die langpad
Om te sit en pik aan ‘n leë-bord
is soos ‘n kinkel in die kabel
as moegheid jou oorlê
sout aan jou rowe-sméér
pynig ‘n leë-hart
Pak jy renons teen die ingehoktheid
van beton,
betogings
en opgehoopte kiste
tot waar tyd geen gang het
en in stilte swei
Hier pak vrede die son
waar Aalwyn en Woestynrosies
in mekaar se skadu’s trompop
en immer-groen
die rooi-grond-soen
en as jy,Pelgrim
voetslaan oor Plakkies en Beestebul
die wêreld se doek
jou kwetsende-oë beloon
weerspieël jy jou siel
soos die aarde die hemel ontbloot
en in die donker nag
met ‘n rooi-gloed-vlam
jou Dixie pan
cowboy-kos en maanlig groet.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.