Jongste aktiwiteit:

Fluister’vlerk

Tussen wasige wolke
roep ‘n seemeeu alleen
wat sing die see?
wat kla die wind?

Met sy stertkwas agteroor getrek
klief hy deur die lug…
agter die mistige yl-grys-grou
verlang ek na jou

Seemeeu waar vlieg jy heen?
in die waai van die wind
langs die krul van jou vlerk
wil ek my woorde fluister

In jou sagte verby vlug
wens ek jy draai terug
dis die water se blou
waaraan ek vashou




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed