Donkerte
Donkerte
My gemoed voel swart en in
donkerte gehul soos in ‘n sterrelose nag
rigtingloos en verdwaal met al die
liggewende kerse in my siel doodgeblaas
want ek treur en treur my verdriet is nag
en iewers langs die pad het dit my
pakkie lewensvreugde laat verdwyn maar
ek stap moedig terug en steek orals weer
die kersies aan op my herinneringspad
en vee die stof en spinnerakke af en
met die gemoed gesuiwer en helder sig
is die sieledonker verdrywe en die sterre
skitter helder en die kerse flikker vrolik
die vreugde is terug!
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Solank ons nog die pad terug kan stap en die kersies weer kan opsteek is daar hoop... Pragtig gepen tannie Babs