Die goeie seun
Brons (‘n tikkie humor)
Roger is ‘n gawe goeie seun, maar sy hormone pla.
Hy durf dit toe mos waag om sy juffrou
na die Valentynsdagsokkie uit te vra.
In ruil vir haar ja, sal hy elke dag haar boeke klas toe dra.
Maar sy juffrou se toe nee, sy kan nie met hom saamgaan nie.
Hy moet eerder aandag aan sy huiswerk bestee
en samewerking in die klas gee.
Maar Roger laat nie so gou sy planne vaar,
een hy sal haar ja kry, kom wat wil.
Hy droom elke aand van hom en haar,
die mees perfekte paar
by die eerste sokkie van die jaar.
Hy besluit toe maar om siek te speel om haar aandag te trek.
Hy beweer hy is naar met ‘n krap in sy keel,
die pyn in sy lyf alte veel,
tog lyk dit nie of dit sy juffrou skeel.
Hy word duiselig en val toe flou
net daar voor haar stoel,
terwyl hy doodstil op haar reaksie wag,
maar sy is besig om in haar handsak te grou.
Die volgende oomblik kniel iemand langs hom,
maar dit is nie sy juffrou nie.
Hy hoor hoe iemand brom
en sien dan die spuitnaald naderkom,
genoeg om hom uit sy floute te laat kom.
Juffrou se man is paramedikus
en vir Roger se speletjies baie vies.
Hy wil die mannetjie ‘n les leer
en vra hom om vir die spuit ‘n boud te kies.
Maar vir naalde is Roger baie bang.
Roger het sy hormone skoon weggeskrik
en gou ‘n verskoning uitgepluk.
Nooit sal hy weer so voorbarig wees.
Terselfdertyd ook somaar van al sy epikonders genees.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek