Jongste aktiwiteit:

Billy

BRONS
Sy naam is Billy. Hy het woeste hare, dra ‘n T-hemp met gate in, denimbroeke en geen skoene en is nie altyd gesteld op persoonlike higiene nie. Daar was letterlik net vier stelle klere in sy klerekas vir sy hele vier jaar op kollege. Hy is briljant en baie slim. Hy het ‘n gelowige geword terwyl hy op kollege was. In die straat oorkant die kollegekampus was die kerkgebou van ‘n baie netjiese en baie konserwatiewe gemeente.
Hulle wou ‘n bediening begin vir die kollegestudente, maar het nie regtig geweet waar om te begin nie. Een Sondagoggend daag Billy by die kerk op ― geklee in sy gewone T-hemp, denim, ongeskeer, sy hare wat wild staan en kaalvoet. Die diens het reeds begin en Billy het in die paadjie afgestap op soek na ‘n sitplek, maar die kerk was stampvol en daar was nie ‘n enkele sitplek beskikbaar nie. Van die gemeentelede het kriewelrig rondgeskuif en ander het hom ongemaklik onder mekaar gefluister. Voor by die preekstoel besef Billie dat daar geen sitplek beskikbaar is nie, en hy maak homself toe op die mat tuis. Teen die tyd was die gemeentelede alreeds erg opgetrek oor die situasie en die atmosfeer so dik dat jy dit amper met ‘n mes kon sny. Juis toe merk die dominee dat een van sy gewese ouderlinge van heel agter in die kerk op pad is na Billy toe.

Die oubaas was reeds in sy tagtigs, met silwergrys hare en, soos altyd, netjies geklee in sy swart driestuk pak. Almal het hom geken as ‘n waardige, godvresende man en een wat jy altyd deur ‘n ring kon trek. Met sy kierie het hy statig en hoflik sy weg gebaan tot by die jongman daar voor die preekstoel. Die kerk was doodstil, behalwe vir die getik van die ouderling se kierie op die vloer. Alle oë was vasgenael op die oubaas en die gemeentelede het skaars asemgehaal, want hulle het geweet die oubaas loop nie draaie as dit by reg en
verkeerd kom nie. Selfs die dominee het gespanne en in stilte gewag om te sien wat gaan gebeur. Toe die oubaas uiteindelik die jongman bereik, het hy sy kierie laat val, en stadig en met groot moeite op die mat neergesak, Billie met ‘n kopknik gegroet en effe uitasem gefluister:
“Nou sit jy darem nie alleen nie, boetman…”
Die gemeente se emosies het voelbaar opgewel en hier en daar het een ‘n traan afgevee.Toe die predikant uiteindelik beheer oor sy eie emosies kry, het hy opgekyk en gesê: “Wat ek vandag oor gaan preek, het julle môre dalk al vergeet. Wat julle so pas gesien het, sal julle nooit vergeet nie…Wees versigtig hoe jy leef. Jy mag dalk die enigste Bybel wees wat sommige mense ooit sal lees…”




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed