Tronkdeure
Brons:
Tronkdeure
Veroordeelde misdadiger
agter tronkdeure toegesluit
doen aansoek om parool
en somaar gou is hy daar uit.
Onskuldig en pligsgetrou
godsman en gesinsman.
Sy tronkdeure self gebou
om die gespuis buite te hou.
Die ongeluk in agste laan
op die hoek van dertiende straat
het die lewenslustige jongman
in die tronk van verlamming gelaat.
So is ons almal in tronke vasgevang
deur hof of self of godsbesluit.
Dit is hoekom ek die dood verlang,
want net dit kan tronkdeure oopsluit
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek