
Tydlose ongeduld
As ons tog meer geduld
kan wys wanneer
die ongeduld van tyd
net tot stilstand kom
sal ons die wysheid
kan bekom om
eer te betoon
aan onsself
sodat die ritmes
sikroniseer met die hoop
wat alles bymekaar hou
wanneer die wêreld
se beweegruimtes
ons geduld toets
jy gaan haal jou asems
diep waar jy gegrond is
daar waar die krop op jou maag
saamtrek en jy stelselmatig
stadiger asemhaal
een-twee-drie
hoeveel sekondes maal
die verhaal
wat hom afspeel voor jou
asem in
en asem uit
en ter selfde tyd
sluk jy die ongeduld af
diep tot waar die krop
alles omkeer en jy weer
en weer sluk
aan sekondes wat
alles omkeer.
© 2018 C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.