Een middernag in Durbanville
Bo Durbanville se strate
het die middernag se maan
in silwergeel geglinster
op haar eensaam wentelbaan
toe ‘n dikkop met haar kuikens
vanuit die niet verskyn
benee ‘n donker hemel –
en die volmaan was aan’t kwyn.
Haar vlerke het sy wyd gesprei
om haar kinders te verskans
teen die skerp straal van ‘n koplig
wyl hul onrustig om haar dans.
En die maan het in die lug bly hang
oor ‘n teerpad so verlate stil,
maar ‘n dikkop was verward en bang
om middernag – in Durbanville.
© C. Shaw
15 September 2014
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.