Jongste aktiwiteit:

‘n Herfsnamiddag op Stellenbosch

Goud

Terwyl witstamberke se blare geel raak
en die druif se blad tot roesbruin kom,

die berg se piek so effens skuins leun
(geëts teen blou en amperwinterson) –

pryk amber akkerbome
so laatherfsloofverlore;
staan straathoekbedelaars
in komberse toegemaak.

En weerklink deur endlersale* – sang in vele tale;
word pepermossies* (uit nuwe monde) hergebore.

© Carma Shaw
22 Junie 2018

*endlersale – Verwys na die Endlersaal in die Konservatorium op Stellenbosch Universiteit se kampus.

*pepermossies – Verwys na Laurika Rauch se liedjie “Vir ‘n pepermossie”.




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed