Jongste aktiwiteit:

Amper deur die verlede gepootjie

AMPER DEUR DIE VERLEDE GEPOOITJIE .         JULIE  PROJEK

 

Elsa Maartens staan afgetrokke en staar na die prentjie voor haar. Dis veronderstel om die gelukkigste tyd van haar lewe te wees.

Soos ’n net span die pers bloeisels oor die Jakarandaboom, wat hoog die lug introon voor haar tuinhuis. Slap takke buig laag af en hang oor die heining van Wilgerstraat nommer ses. Stadig daal een vir een bloeisel na benede en vorm ’n dik pers mat op die sypaadtjie.

 

Sy wou nog altyd ’n lente bruid wees, met ’n pers tulperuiker wat laag afhang, ver-sier met ’n pink-pers lint. Natuurlik moes haar dag die kleur en geur van lente en Jakarandas naboots. Wat ’n heerlike wonderlike droom…

Verpletter en alleen het sy voor daai kansel bly staan vyf jaar gelede. Haar aanstaande het vervaard die kerk uitgestorm en haar net daar gelaat. Met tulpe en al!

 

Eers later moes sy uitvind dat hy vort is met haar beste vriendin. Wat ook op ’n nip-pertjie na, laat weet het dat sy ontsteld was en nie meer strooimeisie kon wees nie.

O, sy was verséker genees van tulpe en mans! Haar werk by die ko-öperasie is nou haar hele bestaan en in die vyfjaar het sy haarself opgewerk tot bestuurder van die voerafdeling en geniet elke oomblik daarvan terdeë.

Tot so twee jaar gelede, daag hy daar op. Henk Erasmus, die boer met sy altyd deurmekaar hare en breë glimlag, sy spottende donker oë. Wat verseg om nee vir ’n antwoord te aanvaar. Ja, vir ses lange maande het hy elke denkbare plan be-dink om haar te oorreed om saam met hom koffie te gaan drink.

“Ek vra jou nie om te trou nie mens, dis net so goor om alleen te sit en koffie drink terwyl ek wag,” het hy smeekend gepla. Oplaas het sy toe ingestem.

***

Sy gloei van woede. Staar deur haar kamervenster. Die skoonheid voor haar sien sy vandag nie raak nie. Haar altyd goedversorgde blondehare is gekoek en deurme-kaar, haar helderblou oë bloedrooi gehuil. Haar gedagtes draal terug die verlede in en kom klop haar op die skouer….

Sy’t nie kans gesien om gistraand met hom te praat nie, of moet sy sê vroeg-oggend want dit was al na twee toe hy eindlik kom aanklop! Sy het die kussing styf oor haar kop gedruk om die geklop uittedoof. Sy was leeg gehuil en seer. Al die ligte is afgesit. Laat hom maar dink sy’s nie tuis nie.

“Wel” dink sy bitter, dié keer, is dit darem ’n week voor die troue, nie weer voor die kansel nie! ’n Diep frons keep in tussen haar oë. Alweer, haar beste vrien-din! Vertrou sy te maklik?

Die spook van jare gelede kom sit nou wydsbeen oor haar nek, en die verne-dering van toe, spoel oor haar soos gister!

***

Maandagoggend:

Vir die tweede keer daardie oggend is daar ’n harde gehamer aan die deur, en dit ruk haar terug na die hede.

“Wie’s daar, gaan weg man, ek wil niemand sien nie!” Skree sy.

“Els, asseblief jong, dis ek, maak oop die deur! Wat gaan aan, waar was jy gisteraand?” ’n Verdwaasde Henk staan voor die deur. Wat op aarde sou nou in sy verloofde gevaar het, wonder hy en klop weer dringend. Die deur swaai oop. Hy deins terug.

“Wat op aarde…,” hy kom nie ver-der nie.

“Waar was ek, vra jy?” haar stem bewe van woede. “Hoekom is jy nie by jou nuutste fling nie,” sis sy. “Jy weet, my kamma beste vriendin?” Sy is so kwaad dat sy kan stik.

“Waarvan praat jy, vroumens?” Verstom kry hy amper nie ’n woord uit nie. Toe tref dit hom soos ’n bom. Die afspraak met die mense van die onthaal om die laaste reëlings vir die troue te finaliseer was Saterdag-middag! Hy’t skoon vergeet daarvan!

 

Hy was so opgwonde toe Frans bel en sê dat hy alles betyds gereël kon kry en dat hy wat Henk is, moet net kom teken, hy moes eenvoudig onmiddelik in Durban kom. Hy kon nie nou nog verlof neem nie, want hy het alreeds drieweke ingesit vir na die troue, Die ander voorman het alreeds sy verlof geskuif net om hom te pas. Daarom is dit nodig dat hy oor die naweek ry.

Ria een van Elsa is beste vriendinne, dink hy. Sy sal die beste weet, maar hoe oorreed hy haar om op so ’n kort kennisgewing saam met hom weg te gaan vir die naweek? ’n Maklike taak nie is dit beslis nie. Ai, alles het net so vinnig gebeur.

***

“Kyk, ek kan verduidelik…” begin hy.

“O ja, julle kan gewoonlik, sal ek dït nou nie weet nie. Hoop julle het jul naweek geniet,” sonder meer slaan sy die deur in sy gesig toe. “Nie weer nie!” Gil sy.

“Wat se nonsens is dit die? Wie dra nou weer watse stories aan?” Vies dat sy planne so skeef loop.

“Nonsens?” Grom sy van binne af. “Natuurlk jou beste vriend Maruis, wie anders?” Snou sy.

“Het jy vergeet dat jy saam met sy verloofde weg is? Skielik is julle albei skoonveld!” Snork sy half  “Man, dis darem snaaks.” Blaas sy eers haar neus. “Vir ’n hele na-week?” Sy slaan met haar vuis teen die deur. “Was dit vir ’n laaste fling?” Sy wag vir ’n antwoord…,vra dan: “Onthou jy van die onthaal reëlings?” Drup die sarkasme nou behoorlik, ek vra maar net. “Loop nou!” Verbitterd sak sy teen die deur af tot op die vloer.

“Hoe weet jy dat ons saam was?” Nou’s hy verbaas.

“Man twee en twee maak nie ses nie. By haar huishulp natuurlik, ek hoor toe dat julle sommer Vrydagaand al weg is, nog iets?” Vra sy sarkasties.

***

Verslae gaan sit Henk Erasmus op die trappie by die deur. Druk sy hande deur sy donker hare, nou het dinge sleg skeefgeloop. Hy het skoon vergeet van die Eben vent, wat haar vyfjaar gelede voor die kansel gelaat het, vir haar beste vriendin.

Op pad Durban toe, het hy vir Ria gevra wat Maruis van die storie dink, en hom boeglam geskrik toe sy hom meedeel dat sy hom nie in die hande kon kry nie.

Hulle het dadelik probeer bel toe hulle daar aankom, maar daar was nie antwoord by hom of by Elsa nie.

Haar ma-hulle was weg vir die naweek, miskien is sy saam met hulle, het hy gedink. Van die onthaal reëlings het hy toetaal en al vergeet. Met die terug rit het hulle ure in die verkeer vasgesit by die Heidelberg tolhek, en het eers vroeg Maandagoggend tuisgekom.

Die arme Maruis het voor Ria se woonstel op die trappe aan die slaap geraak. Hy was omtrent vies en bekommerd, veral omdat hulle hom in die duister gehou het. Gelukkig is dit darem nou opgelos.

“Hel,” sug hy vies vir homself. Spring op en kies koers.

***

Wat ’n nuttelose dag! Die hele Maandag dwaal hy doelloos rond en kom niks veder nie. Ria werk in die teater en was heeldag nie beskikbaar nie. Marius is uit op ’n sake besoek. Haar ouers is nog nie terug van hulle naweek af nie. Dit word die langste dag van sy lewe. Nou’s dit alweer aand. En hy het net mooi niks afgehandel gekry nie.

Elsa was heeldag nie by die werk nie, en antwoord ook nie haar foon nie. As sy ouers oormôre hier opdaag, beter die gemors uitsorteer wees, broei hy voort. Elsa bly eenvoudig heeltyd buite bereik.

Moedeloos kyk hy op sy horlosie, dis te laat om haar ouers te gaan opklop, hulle is seker moeg na die lang rit en gaan gewoonlik vroeg slaap. Ria slaap seker ook al. Maruis is ook nog nie terug nie.

Elsa wil hom eenvoudig nie sien nie en antwoord ook nog nie die foon nie. Al wat hy nou weet, is dat daar een helse lang nag vir hom voorlê!

 

Vroeg Dinsdagoggend, klop Henk aan die Maartense se deur. ’n Half deurmekaar Ella maak die deur oop en vee die slaap uit haar oë.

“Hemel Henk, het jy die bed natgemaak, hoekom is jy so verkreukel, wanneer het julle terug gekom?” Reën die vrae op hom.

“Teruggekom? Maandagoggend,” nie seker waarvan sy aanstaande skoon-ma nou praat nie. “Ek is in groot moeilikheid, my tannie, in ’n helse groot moeilik-heid!” Val hy met die deur in die huis.

“Kom in, ons maak koffie, het jy en Elsa baklei?” Vra sy so tussen die koffie maak deur.

“Ag vader,” sug Henk. “Dit was veronderstel om ’n verrassing te wees, nou’s dit net ’n hengse gemors!” Oudergewoonte druk hy sy hande deur sy hare.

“Ons wou Elsa die naweek saamneem,” gesels Ella, “maar sy antwoord toe nie haar foon nie,” gesels sy en skink vir hulle. “Twee suiker?” Maak sy seker. “Ons dog toe julle twee is seker saam iewers heen. Sy was gister ook nie by die we rk nie, en jy was ook nie op die plaas nie,” gesels sy voort. “Die voorman sê jy is al van Vrydag af weg.” Sy haal die gastelys van die rak af.

“Ons wou hoor hoeveel mense van Durban afkom, sodat ons die verblyf kon finaliseer,” gaan sy voort.

“Nouja,” sug ’n erg terleurgestelde Henk. “Dis nou as daar nog ’n troue gaan wees,” sê hy. “Ek wou dit as ’n trougeskenk hou, maar as ek wragtig nog ’n vrou wil hȇ, sal ek maar met die sak patas vorendag moet kom,” met die vlieg hy op.

“Van wat praat jy Henk, yl jy?” Vra ’n verbaasde Ella. “Jou koffie…”

 

“Tannie, kry Elsa asseblief hier, op enige manier.” Oudergewoonte trek hy sy vingers deur sy hare. “Sy wil my nie sien of met my praat nie,” sug hy. Hy’s klaar by die deur. “Ek kom,” gesels hy oor sy skouer. “Sal nou-nou verduidelik.” Met die, klim hy in sy motor en trek weg dat die stof so staan.“Vergeet eers van koffie, my huwelik is op die spel!” Spreek hy sy dilemma hardop uit.

***

Ella stap foon toe, skakel Elsa se nommer stadig. Wat op aarde is hier aan die

gang? Wonder sy bekommerd.

“Ja, Elsa Maartens,” kom dit traag.

“Els, waar was jy my kind? Hier’s iets waarmee jy my moet help asseblief,” sy probeer so dringend moonlik klink, want sy’t nie ’n idee wat aangaan nie. Aan haar dogter se stemtoon weet hierdie moederhart dadelik, iewers is daar groot fout.

“Kan jy gou oorkom asseblief?” Sy word in die rede geval met:

“Niks is meer dringend nie,” kom dit droewig.

“Asseblief man, dis dringend vir my,” kom dit kreuned van ma Ella af.

“Is Mamma siek?” Elsa is nou benoud.“Ek kom dadelik.” Haastig plaas sy die foon neer, trek die kam bolangs deur haar hare en haas straat af, ’n blok of drie verder. “Ek hoop tog nie Mamma is siek nie,” bid sy saggies.

 

Ma Ella is verbaas om haar dogter in so ’n toestand te sien. “Wat op aarde is aan die gang?” Sy kyk Elsa verbaas aan, “hoekom is jou oë so rooi?” Vra sy erg be-kommerd.

“Die troue is af, hierdie keer sal ek die loswerk doen!” Kom dit driftig.

“Wat op die aarde het die naweek gebeur? “Ons kan nie nou op die nippertjie alles kanselleer nie,” weer Ella.

“Hoekom nie, ons is mos gekonfyt daarin,” val sy haar Ma bitter in die rede.

“Kom nou, praat met my kind, wat is aan die gang?” Troos Ella sag.

“Nee, hy’t nie die guts om te laat weet dat hy nie meer kans sien nie. Ons sou Saterdag die laaste reëlings vir die onthaal en troue gaan finaliseer het, maar nee, daar staan ek toe wéér soos ’n swaap alleen en verskonings maak!” Snou sy. “Bal-jaar toe al die tyd saam met Ria, die hele godelike naweek wie weet waar. Mamma onthou mos, die ou storie van die beste vriendin nê?” Huil sy nou. “Gelukkig nie weer voor die kansel nie!”

Ella stap nader, sit haar hand om haar dogter se skouer, maar word onder-breuk deur ’n babalse geraas buite…

*

’n Hewige rumoer bars buite los, dis ’n oorverdowende getoeter, dit klink asof die wêreld vergaan.

“Die polisie is seker weer aan die jaag. Daar was al soveel inbrake in die laaste tyd,” sug Ella.

Dan skielik, is daar ’n doodse stilte. Benoud storm albei van hulle na buite.

Voor die huis daar staan hy:-. Die Goudgeel Volla. Die een waarvan sy solank al droom, met ’n groot pers strik daarop.

“Wou dit vir jou as trougeskenk gee, nou koop ek jou maar daarmee.” Stadig sak Henk af, kniel langs die Volla en smeek:

“Sal jy asseblief nog met my trou u skoonheid?”

Skaam storm sy die trappe af, gryp hom aan sy hand en trek hom op “Hoekom het jy my nie net gesȇ nie?” Vra sy nou skaam.

 

Beskuldigend kyk sy op in haar vriendin se glimlaggende gesig. Maruis staan een-kant en trek net sy skouers verontskuldigend op.

“Dit was veronderstel om ’n verrassing te wees jong,” giggel Ria. “Ek moes net saamgaan om te help met die regte kleur, en hy sou maar moeilik twee karre terug kon bestuur nê?

“Die verlede kan mens soms lekker pootjie nê,” lag haar Ma vrolik en soen haar dogter op haar voorkop.

“Kom nou in vir daai koffie Henk, ek dink jy’t dit nodig.”

 

So word sy tog die lentebruid van die jaar, met een groot pink Hortensia uit Mamma se tuin.’n Gelukkige Mevrou Erasmus. trek sy weg op haar wittebrood saam met haar geliefde, in haar goudgeel Volla.

 

Marthie Joubert




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed