FLORENCE NIGHTINGALE JULIE PROJEK
FLORENCE NIGHTINGALE Jullie Projek
1820 se koers, het jy op die aarde neergedaal
met jou brandende vlam van hoop.
Ek staan en huil, hier in die hospitaal
eens trotse baken van die Oos Transvaal
waar mens jóú in verbeelding kon hoor loop
tussen gewondes, siekes, met die vlam van hoop.
Van jou het ons geleer, siekes te vertroos,
geen enkel behoefte ooit oor te slaan
in verbeelding saam ons by elke bed stil gaan staan
gefluister, dis ’n liefdesdiens om pyn te verstaan
in die gees het jy neergebuig gesweet, verdra,
ons herinner om nóóit ooit iets terug te vra.
Ekself het eens gedoen wat dié vlam van my vra.
onselfsugtig net soos jy
met trots die lamp van hoop gedra.
in gróót skaamte laat ek my hoof vandag sak
terwyl ek op die kakkerlakke om my trap!
Die vlam is besig om te doof…
In die hospitale veg siekes teen vuilheid en dood!
gekreun van hulpeloses val op ’n dowe oor
deur stakings en eiewaan
is die vlam gedood tot blote as!
Laat tog een van jou trane aarde toe val:
die eer van die vlam te herstel!
Marthie Joubert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek