MY SKANS……………..JULIE PROJEK
V
MY SKANS Julie Projek
Ek was so seker
die muur om my was solied
sonder deur of vensterraam
selfs die plafon was van sement gegiet
niemand sou ooit weer in of uit kon gaan
elke hoek sou myne wees
van my seer sou niemand weet.
hoe het jý dan hier ingekom?
Met vaardigheid wat my verstom
het jy sonder vaart of geweld
die muur netjies weggesmelt.
Wat nou….?
Gaan jÿ my leer
die sonlig weer te waardeer.
Marthie Joubert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek