OM MET ‘n BOER TE TROU
Daar is bitter min jong vrouens vandag wat bereid is om hard te werk.
Dit het verskeie uiteenlopende betekenisse.
Om met ‘n boer te trou vereis ook harde werk van sy vrou.
Die ander aspek is meeste jongmense gee te vinnig op en dan lyk egskeiding geriefliker as om aan hul huwelik te werk.
Om met ‘n boer te trou moet jy sekere dinge in ag neem.
Jy gaan baie dae en aande alleen wees. Hy sal nie die boerdery kan los om aan jou aandag te gee die heeltyd nie en as hy saans tuiskom gaan hy moeg wees en dan sal jy moet verstaan.
Jy gaan ook moet verstaan dat daar nie altyd geld vir luukshede gaan wees nie en jy gaan dalk net eenkeer ‘n jaar kan gaan vakansie hou.
Die beste is om betrokke te raak, maar die meeste wil nie hul hande vuilmaak nie en wie wil nou heeldag tussen beeste wees wat stink nie.
In ‘n huwelik moet jy bereid wees om ook hard te werk en opofferings te maak. Jy moet onafhanklik wees en leer om dinge vir jouself te doen. Ek was twintig toe ek getroud is en het nie veel van die lewe geweet nie. Ek het oral saam met my man gery wat dieselwerktuigkundige was by ‘n vervoermaatskappy. Ek het nie net mooi gelyk en net daar gesit nie, nee ek het ons land se paaie leer ken en al die provinsies en buurlande leer ken.
Hy het my gou sy leerling wertuigkundige gemaak en met ‘n oorpak aan het ek gereedskap begin aangee en later gehelp los en vasmaak. Die tyd het aangestap en ek het geleer om op my eie te werk, het langs die pad vir almal gekook, half verkluim in Lesotho en donkies gery in Botswana.
Jy moet leer om swaar’ te kry saam met jou maat, as daar net droë bruinbrood en melk is dan sit jy dit in liefde en eet nes ons onder ‘n lamppaal in Zimbabwe .
Liefde oorbrug alle foute en as mens lief is vir jou maat dan vergewe jy want almal het foute en ons moet net onthou jy haat die fout nie die een wat dit gemaak het nie.
Ons leer uit ons foute.
Vandag is ek ‘n boervrou wat kan trekker, stropers en alles wat wiele het kan ry.
Ek staan half vyf op elke dag , gee vir my man koffie en ontbyt terwyl hy aantrek. Sy klere word die vorige nag reg gesit vir die volgende dag.
Baie sal dalk sê ek bederf hom, hy verdien dit omdat hy vroeg opstaan om te gaan werk vir my en hom om ‘n lewe te kan maak. Op sy beurt staan hy my by naweke in en om die huis. Ons doen alles saam van huis skoonmaak tot kosmaak en hy is ‘n uithaler kok en skottelgoedwasser !
My man het my een belangrike ding in die lewe geleer, doen dinge vir jouself en glo in jouself.
Stel belang in jou man se wêreld en streel sy ego en dames moenie net komplimente wil ontvang nie, maar gee dit ook vir jou man.
Jy sal nie glo hoe hulle dit ook waardeer nie.
Heg waarde aan die liefde wat jy vir hom voel en stap daardie myle en eet die sakke sout saam met die een wat jy liefhet.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek