Genoegdoening (brons)
klanke brom
ha-bum ha-bum
dit is hoe sy naam
warm wikkel in haar lyf
ha-bum ha-bum
sy deuntjie lek die
binnekant van
haar bek
wat kosmies
breek
terwyl swaar vibrasie
nooit vergeet
ha-bum ha-bum
woel hy teenstrydig
met haar eenheid
soos nagte se oë
wat vol geskiedenis
op nuwe gesigte droom
ha-bum ha-bum
© 2024 Louw-Marie Sauerman
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek