Goue graaf (silwer)
“bitterbessie dagbreek bitterbessie son …” (Uit Ingrid Jonker, Rook en Oker)
Erkenning aan G.A. Watermeyer – Reën in die voorwinter (Let wel, die reël wat ek gebruik het is: my swart haan roep die dagbreek rooi.
die dae vou sag om my
tog versmoor die nag in swart
maar soggens kraai die haan
en die hoep-hoep roep
dan verjaag ek die
donkerte wat draal as dagbreek
die oosterkim verkleur in brons en rooi
©Hester Steenkamp
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek