Jongste aktiwiteit:

Karoo Hoofweg Swerwer

Dis Langplaas hierdie, of Dunstrook
Draad blokkie filter landskappe ook
Rukwinde van trokke en diesel rook

Hy bring die nodige beskerming 
Teen wrede schizo verwerping
Stormwaterpyp omferming

Skyn karoo padboemelaar
Oranje Vrystaat bedelaar
Verteerder van soutslaai blaar

Bruin en groen glas geslyp deur die wind
`n ma wat wonder oor haar kind
Nêrens nêrens nêrens gevind

Hier in my padskouertuin
Grasland bossies en vygies fyn
Maak alles in my gees weer rein

Waar wanhoop hoogty vier by mense
Met wapens, karre, huise, net die beste
Vind ek lewe en liefde tussen asblik reste

C O B U S   M E L L E T




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed