
kopstukke en steildraaie
mense praat oor mense
die een is sus en daardie so
jy is een van ons en hy is nie
saamstaan verlore in propaganda
mense praat oor mense
jy is verlore as jy nog kerk
jou siening van die Woord verkeerd
saamstaan in geloof ‘n fabel geword
mense praat oor mense
wie is dan nou my naaste
bloedfamilie of afstammelinge
saam as kinders van enigste Verlosser
mense praat oor mense
omdat hul geen diepte het
om net oor mense te praat klassifiseer
jouself en hulle as onontwikkelde gespuis
mense praat oor mense
en vergeet die realistiese tyd
begrawe almal wat nie saamstem
verguis almal wat anders dink as liberaal
mense praat oor mense
omdat hul gefrustreerd is
bang mense projekteer vrees
na iemand buite hulself om skuld te dra
mense praat oor mense
omdat wysheid hul juis ontbreek
geskiedenis van wie wat verkeerd gedoen het
waarom hul nou sukkel en nie vorentoe kan beweeg
mense praat oor mense
om hulself te vergeet
hul eie onvermoë
in bravade te
verberg
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.