Versoening
Almal praat so oor versoenings dag, maar weet hulle eintlik met wie moet hulle versoen, want as ek so luister na die mense, wil almal versoen met mekaar, met nasies ensomeer….maar versoening het niks met mense te doen nie, as elkeen die woord verstaan het, sou hulle presies geweet het met wie versoen moes word… maar as gevolg van ń gebrek aan kennis uit die woord, ploeter almal net voort en glo wat mense hulle vertel…
Versoening lê eintlik baie dieper as wat net oor gepraat word, daar moet versoen word met die mens in jou self en met ons Vader in die gees wat se hartsbegeerte dit is om Sy kinders nader aan Hom te kry…. ons Vader in die hemele het jou so lief, dat Hy jou nie wil verloor met die ewige lewe nie…
Maklik is dit om in die woord te lees dat liefde aan jou naaste te gegee moet word, en dan dit verkeerd te interpeteer aan die mense…. ja en jy moét jou naaste lief hê soos jouself, maar hoeveel mense het hulle self nie eers meer lief nie, maar word geforseer om met sy naaste te versoen….
Wys die woord nie dit baie duidelik uit wie jou naaste is nie, almal wat glo in God en wie Sy Seun Jesus Christus lief het, is naaste van mekaar nie….. ja jy moet alle mense lief hê, maar almal het nie dieselfde God lief nie…. daarom moet jy bid vir hulle wat nie glo nie, om ook met God te versoen.
Daarom ook dat jy nie met mense moet versoen nie, maar met God alleenlik sodat jy in dieselfde gees as God moet kom, om sodoende ander nader na God toe te moet trek…. nie omdat jy met mense moét versoen nie, maar met God alleenlik….
Hoe wil jy met ń mens versoen wat jou saam met hom die hel wil intrek….. nee man verstaan God se woord en begin om met “GOD ALLEENLIK TE VERSOEN” dan alleenlik kan jy ander mense ook met God te laat versoen.
Want as jy begin dink soos God se wil, sal jy besef ook dat mense nader getrek moet word vir die EWIGE LEWE en beslis nie vir die EWIGE HEL nie…..
Jy wil die Ewige lewe beërwe, om met ń mens te versoen bring beslis nie vir jou die ewige lewe nie….sê God dan nie “MOENIE AAN TWEE JUKKE TREK NIE” wanneer jy met ń mens versoen trek jy al klaar aan twee jukke, want jy kan nie MENS EN GOD DIEN NIE, maar net God alleenlik..
Hou op om te glo wat die mense jou vertel, begin glo in God en versoen met God en met jouself…..net God alleen kan jou na die Ewige lewe of na die Hel toe stuur… maar jy is aan die stuur van daardie kajuit…
<span;>..
Jou besluit alleenlik, is wat jou daar gaan kry, met die wil van ons Jesus Christus….
VERTROU GOD ALLEENLIK en bid vir jou naaste om hulle eendag saam met jou met God te laat VERSOEN..
GOD ONS ALLERHOOGSTE IS DIE ANTWOORD IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS VIR VERSOENING…
ONS BELOFTE AAN GOD HET BEGIN SKULD MAAK OMDAT ONS GOD BEGIN VERWERP HET…. DRA JOU SKULD SOOS N MAN EN VERSOEN MET GOD..
@Louisa van Vliet
7 Des 2022
Kind van God
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek