Jongste aktiwiteit:

Die waai van die wind

die roering van my Vader
lê in die waai van die wind
kan ek nie geslaap kry
met die hitte wat druk nie
en besluit ek om op te staan

en na buite te gaan

lank staan ek en betrag
die stil donkerte om my heen
met ligte verlangs wat brand
en sterre wat so helder skyn
stig dit my in vanaand se stilte
wat oor ons dorp gestrek het
met drie en dertig ure
se krag wat af was

alles is warm gebak onder die son
yskaste wat afgeloop het
plantjies wat uitdroog van die hitte
en hier staan ek midde in die nag
en bewonder die stilte onder ń hittevlaag
wat my wakker hou en ver heen laat dink
prewel ek saggies na my Here
Here ek kom nie aan die slaap

soveel dinge wat ons mense verdruk
en saggies sien ek beweging in ń boom
en die windjie begin saggies waai
en hoe meer ek kyk hoe meer waai die wind
soveel so dat ek die briesie begin voel
en besef in die waai van die wind
kom die roering van my Vader

besef ek in die waai van die wind
my Vader net hier by my is…
my stem het Hy gehoor
en my kom afkoel sodat
ek rustig aan die slaap kan raak
wonderskone God tree in vir ń oomblik
en ek bekyk stil die ritsel in die takkies
en is dankbaar dat ek bietjie kan afkoel
dankie my Heer U is altyd teenwoordig

@Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed