Argelose liefde
’n Hartseer liedjie herhinder my vannaand,
aan jou…
en soele aande, lank gelede …
toe musiek en argelose liefde,
nog volmaakte harmonie was.
Jou sagte glimlag en die euforie van ons,
niks kon ooit verander .
Maar ek was so jonk,
en sou iewers nog leer dat niks is soos dit lyk nie,
want môre …
is nie vandag nie,
en vandag se beloftes,
is straks môre se herfsblare op die wind.
© F Jansen van Vuuren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.