Jongste aktiwiteit:

Vervliet se swymel

Bisare prentjies in asuur
van spatsels stilte teen die muur
net my asem roer haar haredos
wat slierte oor haar borste tros
waar leliewit dié appeldrag
se spitse ryp vir aanvoel smag

Ek loom verlei deur voordagdou
wat ek aan sonskyn toevertou
om net ons saamsyn te behou
vir hitte teen die oudword-kou’

Maar sinlikheid tóé ongekend
maar tog in Eros oorbekend
word etse teen my hart se muur
as éénwordspatsels teen asuur

(Ek’t
voordag
willoos
opgestaan
my skaduwee by haar laat staan)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MVvW het n geregistreerde lid geword

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak